Tuisblad
Meer oor Emoe olie
Getuienis
Produkte
Emoe Boerdery
Media
Skakels
Kontak ons
FAQ
  English
 

MEER OOR EMOE-OLIE

Eienskappe van Emoe-olie

  • 'n Natuurlike produk.
  • Die eienskappe van die olie is baie dieselfde as die natuurlike olie wat in die menslike vel voorkom.  Dit veroorsaak dat die olie vinnig en effektief penetreer.
  • Bevogtigend.
  • Natuurlike kollageen-inhoud.
  • Verstop nie porieë nie.
  • Uitstekende emulsifiseerder .
  • Anti-inflammatories.
  • Bakterie-vry.
  • Nie irriterend nie - soos water.
  • Anti-allergenies.
  • Bevat minerale, lesitien en natuurlike antioksidante.
  • Ryk bron van Vitamiene E.
  • Bevat essensiële vetsure (Omega 3, 6, 7 en 9).

Voordele van Emoe-olie

  1. Anti-inflammatories: Die olie verlig onlangse kneusing en spierpyn waar die besering relatief oppervlakkig is. ‘n Massering met emoe-olie ná sportoefening verlig spierbeserings merkbaar. Sommige afrigters en masseurs verkies dié olie en beklemtoon die anti-inflammatoriese werking.
  2. Die voordeel van emoe-olie op gewrigte om pyn, swelling en styfheid te verminder is die duidelikste waar die gewrig naby aan die veloppervlakte is, soos hande, knieë, voete en elmboë.
  3. Antibakteries: Bevat geen steroïede, hormone of bakterie nie.
  4. Fungus-vry: Geen tekens van anaërobiese bakterie, fungus, gis, salmonella, shigella, stafilokokke of E. coli nie.
  5. Ryk in antioksidante en vetsure: Die hoë inhoud van essensiële vetsure help om bloedvlakke van cholesterol en LDL-vette te verlaag, artritis- en gewrigspyne te verlig, inflammasie te verminder en bloedsuiker en bloeddruk te verlaag. Die inname van emoe-olie kan ‘n uitwerking hê op die immuunstelsel en op die heling van gewasse, ingewandsinflammasie en letsels in die spysverteringskanaal wat geassosieer word met Crohn se siekte en dikdermontsteking.
  6. Versnel penetrasie: Emoe-olie bevat nie fosfor nie en daarom absorbeer die vel die olie vinnig en maklik. Dié vinnige penetrasie versnel ook die geneeskrag.
  7. Veroorsaak sover vasgestel kon word geen allergiese reaksies nie.
  8. Geen newe-effekte bekend nie.
  9. Verlig pyn: Navorsing het bewys dat die olie help met pyn wat verband hou met artritis en spier- en gewrigspyne omdat dit inflammasie verminder.
  10. Verstop nie porieë nie en verskaf voedingstowwe om nuwe selle te help vorm.
  11. Versnel die helingsproses van wonde: Navorsing het gewys dat brandwonde vinniger herstel ná die aanwending van emoe-olie en letsels voorkom. Deur emoe-olie twee maal daagliks aan te wend kan dit keloid-letsels aansienlik verminder.
  12. Die anti-inflammatoriese aksie blyk pyn in wonde te verlig ná ‘n operasie. Dit is duidelik in hartvat-omleidings waar die grootste ongemak voorkom in die been waaruit die aar verwyder is. Omdat emoe-olie steriel is, kan dit op ‘n oop wond gebruik word.
  13. Help om velselle te vernuwe. Ekseemlyers kla gereeld dat die vogmiddels op die mark hul vel irriteer. Dokters en verbruikers vind dat emoe-olie of room vervaardig van emoe-olie die irritasie en inflammasie in die vel verminder.
  14. Stimuleer die vel se immuunstelsel.
  15. Die olie is ‘n goeie bron van lesitien wat nodig is vir die suiweringsfunksies in die lewer wat noodsaaklik is vir die verwydering van gifstowwe uit die liggaam.
Terug na meer oor Emoe-olie

© 2010 Emuphoria
Webwerf ontwerp deur
Polar Design Solutions