MEER OOR EMOE-OLIE
Inleiding
Emoe-olie is ‘n ryk bron van natuurlike vitamien, veral Vitamine E. Die olie bevat ook minerale, vetsure, lesitien, natuurlike anti-oksidante sowel as ander helende en anti-inflammatoriese bestanddele.
Die olie is ‘n doeltreffende bevogtiger en ‘n uitstekende draer van ander bio-aktiewe middels in die olie. Emoe-olie voorsien tydelike verligting vir pyn en is ‘n ideale basis vir kosmetiese middels. Dit bevat linolenic-suur, ‘n stof wat bekend is vir die verligting van spier- en gewrigspyn sowel as oliesuur wat anti-inflammatories is.
|