UITEENSETTING VAN DIE VERSKILLENDE EMOE OLIES
Daar is verskillende grade van Emoe Olie. Veterinary Grade Olie, Kosmetiese en Terapeutiese Graad Olie en ‘n Hoë Anti-Inflammatoriese Olie. Hoe hoër die graad van olie, hoe beter is die anti-inflammatoriese en anti-bakteriese werking van die olie.
Ons Emoe Olie word ingevoer van Australië en Amerika af. Elke besending olie kom met ‘n sertifikaat in die land in. Die verskillende grade van olies en ook die verskillende lande se pryse wissel. Die rand/dollar prys het ook ‘n invloed op die pryse wat ons betaal.
Veterinary Olie:
Dit is die laagste graad olie en word in SA vervaardig. As gevolg van ‘n huidige tekort aan genoeg SA olie om te verwerk kan ons op die oomblik glad nie van die Vet Olie in die hande kry nie. Ons het dit nie van ons lys afgehaal nie, ons hoop om weer so oor 2 maande van dit te hê.
Ons gee hierdie olie vir diere wat sukkel met artritis en rumatiek, velprobleme en om te help met die groei van groot tipe honde soos Great Dane’s.
Kosmetiese en Terapeutiese Graad Olie:
Dit is ons 100% Emoe Olie wat ons in 25ml, 50ml, 100ml en 200ml verkoop.
Ons gebruik dit vir:
- Swak bloedsomloop.
- Brandwonde.
- Wonde.
- Veltoestande, bv. Ekseem, psoriase, wintershande en –voete.
- Voorkoming en vermindering van plooie.
- Bevogtig van die vel.
- Tydelike verligting van artritis- en spierpyne.
- Rustelose bene.
- Beskerming teen sonbrand en is ideaal om te gebruik na jy reeds gebrand het.
- Help om kneusplekke en blase vinniger gesond te maak.
Hoë Anti-Inflammatoriese Olie:
Dit is ons Emu Intense, HG Emu Oil en Emu Capsules.
Hierdie olies is die hoogste graad van Emoe Olie en het die hoogste anti-inflammatoriese en anti-bakteriese werking.
Emu Intense:
- Om fyn lyntjies en plooitjies te of te versag. Veral vir probleem areas, soos die oogarea en bo-lip
- Oop wonde en erge veltoestande
Emu Oil Capsules:
- Verlaging van cholesterolvlakke en LDL-vette (binne 6 – 8 weke).
- Verlaging en stabilisering van bloedsuikervlakke (3 – 4 weke).
- Verlaging in die vlakke van urinesuur wat jig veroorsaak
- Verligting van artritis-pyn ná 3 – 8 weke. Die pyn kan vererger in die eerste 2 weke.
- Vermindering van psoriase-lyers se uitslag. In sommige gevalle verdwyn dit ná 3 – 4 weke se gebruik.
- Crohn se siekte, dikdermontsteking, Fibro Myologia en enige ander inflammatoriese toestande.
Aanwysings - Vir die beste resultate drink 5 kapsules / 5ml olie per dag vir die eerste 2 weke. Drink daarna 3 kapsules / 3ml olie per dag. Verminder geleidelik na 1 of 2 kapsules / 1 of 2ml olie per dag.
Kapsules kan ook stukkend gesny word en op gesig of in oop wonde of kneusplekke gebruik word.
HG Emu Oil:
- Verlaging van cholesterolvlakke en LDL-vette (binne 6 – 8 weke).
- Verlaging en stabilisering van bloedsuikervlakke (3 – 4 weke).
- Verlaging in die vlakke van urinesuur wat jig veroorsaak
- Verligting van artritis-pyn ná 3 – 8 weke. Die pyn kan vererger in die eerste 2 weke.
- Vermindering van psoriase-lyers se uitslag. In sommige gevalle verdwyn dit ná 3 – 4 weke se gebruik.
- Crohn se siekte, dikdermontsteking, Fibro Myologia en enige ander inflammatoriese toestande.
Aanwysings - Vir die beste resultate drink 4ml olie per dag vir die eerste 2 weke. Drink daarna 2ml olie per dag. Verminder geleidelik na 1ml olie per dag.
|