Tuisblad
Meer oor Emoe olie
Getuienis
Produkte
Emoe Boerdery
Media
Skakels
Kontak ons
FAQ
  English
 

EMOE BOERDERY IN NOORDWES

Jakes & Susan Engelbrecht en James & Carol Cronjé, het in 1999 met Emoe voëls begin boer. Ons Emoe-plaas is 25km buite Potchefstroom op die ou Carltonville-pad. Die publiek kan vooraf 'n afspraak maak om die plaas te besoek.

Dit is ongelooflik om te glo, maar emoes is baie gehard en maklik om te hanteer. Take bestaan hoofsaaklik daaruit om hulle te tel, elke voël se gedrag en voorkoms in die algemeen te beoordeel, hul water skoon te maak en twee keer ‘n dag kos te gee.

In ons emoe-fasiliteite word voëls aangehou van pas uitgebroeide kuikens tot 6 jaar oue broeivoëls (afhangende van die tyd van die jaar).

Die lê-seisoen begin middel tot laat April tot die einde van September. Ons versamel hul eiers elke aand en vroeg in die oggend. Die eiers is donker groen-blou en lyk baie soos avokadopere. Die eiers word dan gemerk en gestoor vir uitbroeiing. Die eiers word daagliks drie keer geroteer in die broeimasjiene.

Sodra die kuikens uitbroei, word hulle vir vier dae in ‘n verhitte kamer gehou. Daarna word hulle in ‘n verhitte kamer in die nag gehou. Hulle gaan in die dag uit (as die weer dit toelaat) vir die son se Vitamine D totdat hulle groot genoeg is (en die weer warm genoeg) om buite te bly. Dit gebeur gewoonlik wanneer hulle agt tot tien weke oud is.

Die kuikens word grootgemaak tot hul 14 maande oud is en lewer 10 tot 14kg vet, wat dan geprosesseer word in ‘n olie-raffinadery tot emoe-olie.

Emuphoria se produkte wat emoe-olie as grondslag het, is beskikbaar om uit te toets en te koop. Voorbeelde van eiers, vere en leerprodukte word ook uitgestal. Foto’s van u saam met die emoes is beskikbaar teen R25 (op CD) – wanneer die voëls saamwerk. Hoewel ons voëls baie mak is, sal hulle altyd wilde diere bly.

Die vleis stem is soortgelyk met dié van die volstruis – rooi vleis wat laag is in cholesterol. Emoe-vleis kan in die Spar by Rustenburg Square gekoop word en is op die spyskaart in Hartley’s Pub in Rustenburg.

Die velle is sag, soepel en geskik vir klere. Ons maak pragtige leerartikels soos handsakke en beursies.

Kom besoek hierdie unieke plaas wanneer u in die omgewing is. Skakel 018 298 1306 of e-pos mwsengel@mweb.co.za om ‘n afspraak te maak.

Terug na Emoe-boerdery 


© 2010 Emuphoria
Webwerf ontwerp deur
Polar Design Solutions