Tuisblad
Meer oor Emoe olie
Getuienis
Produkte
Emoe Boerdery
Media
Skakels
Kontak ons
FAQ
  English
 

EMOE BOERDERY IN SUID-AFRIKA

Emoes is inheems in Australië en die tweede grootste lede van die voëlfamilie Ratites (uitgespreek ra-tight) – wat voëls is wat nie kan vlieg nie. Daar is verskeie ander lede in die ratites-familie. Die grootste ratite is die volstruis, wat inheems is in Afrika en groot vlerke het. Die rhea is inheems in Suid-Amerika, het groot vlerke, maar is kleiner as die emoe. In Nieu-Guinee en sekere dele van Australië is die gepluimde kasuaris. Die kleinste van die oorlewende Ratites is die kiwi, wat inheems in Nieu-Seeland is.

Emoe-boerdery het in 1994 in Suid-Afrika begin met die invoer van twee groepe voëls deur twee mense – Alec Rough en Tony LeRoy. Albei het van Europa ingevoer. Sedert daardie tyd het die bevolking van hierdie ratites in Suid-Afrika tot sowat 3000 gegroei.

Soos wat enige bedryf wat lewende hawe produseer aanvanklik met ‘n teelfase afskop, begin emoe-boerdery met ‘n broeifase waartydens die aantal voëls moet vermeerder tot ‘n getal groot genoeg om voldoende hoeveelhede van die jong voëls te kan slag. Die volgende fase is die produksie- of slagfase.

Suid-Afrika is nog in die broeifase of lewendige bemarkingsfase waar die meeste kommersiële emoe-boere geld maak deur lewendige voëls te verkoop – òf dagoud kuikens, òf driemaande-oue voëls, òf nuwe broeivoëls (2 jaar oud), òf bewese broeivoëls. Die prys van die voël word deur sy ouderdom bepaal.

Daar word geskat dat die oorgang van ‘n lewendige mark na ‘n slagmark in hierdie bedryf binne die volgende jaar of twee sal geskied.

Alhoewel die emoe ‘n inheemse Australiese voëlsoort is, is die grootste getal emoes tans in die VSA. Daar is baie emoe-boere in Amerika, maar hulle kan nie genoeg olie vir hul eie mark produseer nie.

Die Suid-Afrikaanse Emoe-vereniging is in 2002 gestig en het tans 30 lede – almal kommersiële emoe-boere. Belangstellendes kan Susan Engelbrecht bel by 083 235 0219.

In 1999 is die maatskappy African Emu Products gestig om ‘n mark vir die olie te skep. Die produk-sy van die maatskappy, Emuphoria, het vroeg in 2005 afgestig en hierdie produkte word nou verkoop deur agente en winkels. African Emu Products verkoop olie in grootmaat aan maatskappye wat produkte vervaardig – soos Remedy Blue.

Terug na Emoe Boerdery  

© 2010 Emuphoria
Webwerf ontwerp deur
Polar Design Solutions