GETUIENIS
Sedert die emoe-bedryf ontwikkel het, is daar al baie getuienisse opgeteken van mense wat die olie suksesvol gebruik het vir:
- Die verlaging van bloedvlakke van cholesterol en triglyceride.
- Verligting van artritispyn.
- Vermindering van inflammasie.
- Verligting van spierpyne.
- Verlaging van bloedsuiker.
- Verlaging van bloeddruk.
- Genesing van brandwonde.
- Verligting van psoriase en ekseem.
Getuienis - Artritis
Elizma Wille Tans 3 1/2 jaar oud is na 'n baie moeilike en pynvolle lewetjie agtienmaande gelede gediagnoseer met juveniele rumatoiede artritis.
Slegs haar twee voetjies is aangetas, en eers het ons gedink sy het 'n voetbreek,later swellings maar na vele plate en scans kon ons niks vasstel. Sy kon nie loop nie, en as sy geloop het was dit maar 'n paar treetjies. Geen skoentjies kon vir haar pas nie as gevolg van haar baie opgeswelde voete. Ek moes haar altyd dra, en is van een dokter na 'n ander. 'n Wakker kinderspesialis het haar gediagnoseer, maar het die prentjie maar baie donker vir ons gekleur. Elizma is eers op verskeie anti-inflammatoriese medikasies gesit, op daardie stadium ''n dosis vir 'n 8 jarige, maar die newe effekte op so 'n jong lyfie was skrikwekkend, veral toe dokters sterker medikasie begin voorskryf het. Methotrexate was vir haar voorgeskryf vir 'n toets periode. Maar ek het teen geskop . Ek het net geglo daar moet iets anders wees wat ons vir haar kon gee.
Elke 4 weke se bloedtreksessies was 'n nagmerrie, maar gelukkig is sy 'n klein sterk mensie. Ons moes ook oog toetse op 'n gereelde basis doen omdat die spesifieke artritis haar ogies ook kon aantas.
Op 'n wonderwerk het ons van emu-olie gehoor, en dadelik begin soek op internet, maar toe net op oorsese inligtings afgekom. Een aand is ons na 'n kunsuitstalling genooi en my man het lang iemand gesit wat sy gesprek tussen hom en sy vriend gehoor het, en wonderbaarlik beaam dat daar 'n plaas in SA is, buite Potchefstroom, wat met Emu voels boer en olie het. Wat 'n wonderwerk. Ek het dadelik bestel en Elizma drink nou vir amper 10 maande olie, en sy is totaal af van enige medikasie. Ons laat nog af en toe haar bloed toets vir tellings, maar tot dusver is alles heeltemal normaal. Die spesialis wat haar Februarie maand in beide voetjies geopereer het, weet van die alternatiewe behandeling op haar, en sy het genoem dat sy dit nie verstaan nie, maar dat ons daarmee moet volhou omdat sy met 'n biopsie op haar erg aangetaste voetjies geen aktiewe artritis kon opspoor nie.
Elizma het van 'n baie moeilike, huilerige, slapelose, klein babatjie, na 'n lewenslustige klein kleuter verander. Bo en behalwe baie gebed, glo ek dat ons nie toevallig op Emu olie afgekom het nie. Ek kan ook net noem dat dit absoluut '''n smaaklose produk is, so waar sy weggeskram het van medisyne met slegte smake, drink sy elke oggend sonder om 'n oog te knip haar bietjie olietjies.
Die verskeidenheid omegas is ook 'n ekstra bonus in die olie.
Ons dank die Here vir sy wonderwerk en dat Hy produkte daar stel wat mense se pyn verlig op 'n natuurlike manier.!
Groete
Rolien Wille
Getuienis – Artritis
In 1999 het ek erge arthritis, jig en inflammasie pyne in my kniee, skouer en gewrige begin kry.
In Januarie 2000 het ek my eerste operasie in albei my kniee ondergaan. Dit was so seer dat ek skaars kon loop, en ek moes gereeld die vloeistof uit albei kniee laat dreineer. Ek het ook elke dag kortisoon tablette en ander medikasie gebruik. Ek het weer chirurgie op albei kniee gehad en was vir ‘n kort rukkie pynvry. Die pyn het weer begin en hierdie keer was dit nog seerder. Die vloeistof het weer begin opbou in my kniee, en ek moes weer begin met die dreinering en medikasie.
‘n Volgende operasie in Oktober 2004 het gevolg. Ek het goed herstel, maar in Mei 2006 was die arthritis en inflammasie weer so erg dat daar weereens geopereer is. Ek moes ook hoër kortisoon dosisse saam met die ander medikasie gebruik om die pyn te verlig.
My vrou het by iemand gehoor van Emoe Kapsules, en nadat sy ons vertel het van Emoe Olie, het ons besluit om dit te probeer (ons het tog al al wat ‘n medikasie op die rak is probeer).
Dit was die beste besluit wat ons kon maak. Ek gebruik Emoe Kapsules vanaf Februarie 2007. Dit het nie dadelik gehelp nie, maar ek het aangehou en na ‘n tyd het ek verligting van die pyn begin kry en die opbou van vloeistof het gestop. Ek neem nie meer kortisoon tablette op ‘n daaglikse basis nie, slegs wanneer ek dit nodig het.
Voordat ek die Emoe Kapsules begin drink het, het ek sulke intense pyn gehad dat ek nie in die aand kon slaap nie. Ek het gekreun van die pyn elke keer as ek omgedraai het in my slaap en ek het gesukkel om op te staan en deur ‘n werksdag te kom. Ek het met konstante pyn gelewe. Dit het alles verander, my lewe is terug na normaal, sonder pyn. Ek drink die Emoe kapsules elke dag en is nie meer styf en seer nie.
Ek het Ek kan weer my daaglikse take hanteer en bestuur selfs weer my eie werkswinkel waar ek swaar voertuie en moters herstel. My lewe is terug na normaal, sonder pyn en as ‘n bonus is die Emoe Kapsules ‘n natuurlike produk.
Paul Wyatt
Getuienis – Swak bloedsomloop en Spatare
11 November 2008
Susan,
Graag wil ek my storie aan jou vertel.
My man het lelike vlekke op sy been gekry. Die spesialis kon nie met sekerheid se wat sy been makeer nie en wou hom opereer om te sien wat fout is. Hy wou toe nie vir die operasie gaan nie. Die kol het al hoe groter en donderder geword toe begin sy ander been ook ‘n kol maak. Hy is toe na ‘n tweede spesialis vir ‘n opinie. Die spesialis het hom meegedeel dat dit spatare is en hom ten sterkste afgeraai om ‘n operasie te ondergaan.
Die kolle het al hoe groter geword en was omtrent pikswart toe hy na ‘n radio praatjie van jou geluister het en gehoor het van Emu olie.
Ons was maar baie skepties maar het tog besluit om die pille en olie te bestel.
Nou na byna 3 maande is die kolle aansienlik kleiner en waar die kleur blou was is dit nou rooi en waar dit pikswart was is dit nou donker blou. Dit lyk soveel beter dat hy nou vol moed is dat hulle heeltemal sal verdwyn. Hy hoop net dat die pyn sal minder raak.
Baie, baie dankie vir jul uitstekende produk en dat julle dit aan ons bekend gestel het. Ek is vol vertroue dat julle produk nog baie mense sal kan help.
Groete
Miemie
Getuienis – Swak bloedsomloop
Geagte Jaqueline,
Hiermee wil ek net bevestig dat ek oor die radio gehoor het van Emoe Olie. Ek het my eerste bottel kapsules op die 14de Oktober 2008 gekoop en dadelik begin gebruik. Weens kristalle en swak bloedsomloop het ek reeds aan elke voet ‘n toon laat amputeer en my tone, vingers, gewrigte en lae rug was altyd vol pyn. Na gebede en die gebruik van die Emoe pille voel ek geheel en al ‘n ander mens, sonder enige pyn.
Ek kan weer doen wat ek nie meer kon doen nie, selfs trappe klim, baie dankie, my gebede is dat iemand anders ook daarby baat sal wind.
Die uwe
Hetta Armstrong
Getuienis – Spatare en Dikdermprobleme
27 Januarie 2009
Beste Susan,
Graag wil ek getuig van die wonderlike werking van julle Emu-kapsules.
Ek het dié kapsules begin neem nadat ek tydens `n Emoe-praatjie verneem het dat dit dalk kan help vir spatare. Ek het `n lelike kol van spinnekop-are aan my linker bo-been wat met tyd net groter geraak het. Pers en blou regtig aaklig.
Na drie weke kom ek agter dat dié onooglike spataar-kol besig is om kleiner te raak en is ook nie meer so blou-pers nie. Tot groot verligting kom ek toe ook agter dat my dikdermprobleem ook iets van die verlede is. Ek sukkel nie meer met ‘n ongemaklike, winderigheid maag nie en is nie meer so opgeblase. Sowaar `n platter magie. Ek het vir die eerste keer in my lewe elke dag `n maag wat normaal funksioneer.
Dit nadat ek honderde rande aan dokterstoetse en medikasie spandeer het. As ek vroeër van dié wonderlike kapsules te hore gekom het sou ek myself baie ongemak gespaar het. Dié wat sukkel met hulle dikderm en ingewande sal presies weet waarvan ek praat.
Ook wil ek vertel dat my man as tiener ‘n akneevel ontwikkel het. Hy het begin om die Emu-skeerroom te gebruik en hy was ook sy gesig met die Emu-sepie. Dit is net ongelooflik om te sien hoe pragtig sy vel nou is. Ons het nou begin om sy rug ook met die olie te behandel want sy aknee probleem was sò groot dat hy op sy rug ook `n aknee uitslag het. Sy rug is al reeds aansienlik beter.
Nogmaals dankie vir jou werk om `n puik produk, wat werklik werk, aan die publiek bekend te stel.
Sonja Swanepoel
Getuienis – Littekens en Pigmentvlekke
Dit het 'n bietjie lank geneem om my hand aan papier te waag, maar ek het gevoel ek wil tog graag my wedervaringe met Emoe-olie met julle deel. Ek sukkel met die probleem van littekenweefselvorming op my buik na elke operasie wat ek gehad het. Die allerliederlikste litteken vorm, ten spyte van spesialiste se versekering dat hulle die nuuste hegtegnieke gebruik. Die littekens is rooipers en opgehewe. Dit het die gevolg dat ek baie versigtig moet wees met wat ek dra, asook effe deurskynende klere is 'n totale taboe, aangesien die littekens of wys of deurskyn! Die gebruik van Emoe-olie het na slegs 'n paar maande reeds 'n duidelike verskil gemaak - die littekens is sag, glad nie meer so rooipers nie, eerder 'n rosige ligpienk.
In die proses van aanwending aan die littekens, het ek die oortollige olie sommer aan my hande gevryf, en na 'n tydjie het ek agtergekom dat nie net was die bruin "oumensvlekke" op my hande baie ligter nie, maar die paar plekke waar ek velkanker op my hande gehad het, 'n merkwaardige verbetering getoon het. Ek het begin om die Emoe-olie ook aan my neus aan te wend waar ek ook velkanker het. Die plekke is soveel beter dat 'n mens dit skaars kan sien.
Ek kan met 'n oop gemoed getuig: Emoe-olie werk!!!!!! (Selfs die plooie in die ou gesiggie lyk sommer minder!!!!!)
Hartlike Emoe-groete,
Gerty du Plessis
Doornpoort
Pretoria
Getuienis – Gordelroos
Tannie Boshoff (76) van Bethal
“Ek is so bly en dankbaar vir Liewe Jesus en jul produk. Na die 1ste bottel van 90 Kapsules het ek geen pyn meer. Ek het vir agt jaar Gordelroos gehad. Ek het baie inspuitings gekry en baaaaie pille gedrink. Ek kan nie glo ek hoef nie meer die duur pille te koop nie. Ek is nou besig met my 3de bottel van 90 kapsules.”
Getuienis – Lip-Ice
Marguerite de Villiers ‘n st. 9 leerling, skryf…
Ek was verbaas oor die lip-ice. Ek speel dwarsfluit en ek het altyd 'n probleem met lip-ice as ek moet speel. Dit lip-ice gee gewoonlik af op die fluit en dit veroorsaak 'n hele gemors. Dus moet ek maar my lip-ice afvee voordat ek kan speel. As mens lank aanmekaar speel, raak jou lippe droog, moeg en seer ... en dan het ek nie lip-ice nie...!!:-(Ek het toe vir die EMU-produk 'n kans gegee. Ek was so verbaas...! Ek kon toe op die ou end net met die EMU-lip-ice speel, want dit hou jou lippe vir lank sag en ... gee nie af op jou fluit nie! :-)
Ek ry gewoonlik Saterdae perd. Dan is ek die heeltyd in die son. Ek het sonbrand-lip-ice, maar dit help net in 'n geringe mate. Met die gevolg, ek kom met gebrande lippe by die huis aan! Gewoonlik vat ek sommer die eerste en die beste lip-ice, net om my lippe weer sag te maak, maar gewoonlik dop my lippe in elk geval af. Ek het toe gister die kans gewaag om net EMU-lip-ice op te sit en te kyk wat gebeur. My lippe was so sag soos sy en ... NIKS het afgedop nie!
Die kinders by die skool kan ook nogal verbaas bly staan oor die unieke lip-ice. Ek het ervaar dat dit 'n lagie op jou lippe vorm, om dit half te beskerm. Ek sit in die oggend aan en kan daarmee eet en als. Die middag kan ek nogsteesd 'n bietjie aanvoel.
|